Omtrent Die Skrywer Willemien H S Lewis - Afrikaanse Gedigte, Poësie, Digkuns En Prosa - English Poems, Poetry, Artistic Poetry & Prose : Omtrent Die Skrywer

Wannabes.Inc Omtrent Die Skrywer Derglike Dinge Publikasies Kontak Die Skrywer Werk In Wording

In a nut'shell ...

A recent questionnaire concluded the following about me: “I am a person who tends towards attachment in every respect.  When i feel good i am enthusiastic and infectious in my fervour; when i feel bad, it can't be concealed.  I often react strongly to emotional situations in the positive and in the negative sense.”

Ek skryf in allermans`taal .. afrikaans .. engels .. albei .. met kommas en punte en af`kap woorde oor .. rou .. seer .. for`real gebeurtenisse wat met my gebeur het en oor dinge wat huidiglik besig is om met my te gebeur. Onder`aan elke gedig is 'n voet`nota aangebring ( Gemoedstoestand van die mens wat agterbly met 'n spesifieke gebeurtenis en / of gevoel tydens die skrywe daarvan ). Dis dan ook bitter min dat ek 'n gedig fabriseer dus .. "take my word for it .." .. dalk leer jy iets uit my skrywes.

Omtrent skryf ...

In my opinie is skryf 'n kuns en in my klein verstandjie beteken dit dat alles in kuns, toelaatbaar is. Variëteit is nodig om sodoende aan die groter meerderheid van lesers se voorkeure te kan voldoen. Dit sou 'n boring besigheid gewees het as ons almal se stories en gedigte dieselfde moes gelyk en / of geklink het.

Wat my eie ge`krap betref .. dis lekker om myself te wees in 'n storie of in 'n gedig .. dis lekker om prentjies agter die woorde te kan sien .. al my kommas, punte, krulletjies en warra-warras tussenin (lang woorde, kort woorde, halwe woorde, afkap` woorde).. dis ek daai .. “not perfect but perfectly me.”

Ek hou van oorspronklikheid. Dis glad nie nodig vir enige iemand om soos iemand anders te wil probeer skryf nie. Ons is almal uniek en by dit bedoel ek dat jou styl en vorm nie noodwendig aanklank by my sal vind nie en ook andersom maar jou boodskap kan dalk net 'n home`run wees!

My gevoel hier is dat “stick to the point.. be honest and direct..” dan wanneer jy val (indien jy sou val) jy ten minste nie jou gat gaan afval nie. Nou nie dat alles wat ek skryf heeltemal waar is nie want 'n mens moet darem onthou "mense soek !Drama!"

En dis dan dit ...
Willemien H S Lewis

Totale Besoekers
251211
Besoekers Aanlyn
1

GEPUBLISEERDE WERK




Web Site Design & Development By Xolutions.Co.Za © Copyright - adsXpress (Pty) Ltd - All Rights Reserved
Afrikaners.Org.Za