Selfmoord: Die mens wat agterbly Willemien H S Lewis - Afrikaanse Gedigte, Poësie, Digkuns En Prosa - English Poems, Poetry, Artistic Poetry & Prose : Selfmoord: Die mens wat agterbly

Wannabes.Inc Omtrent Die Skrywer Derglike Dinge Publikasies Kontak Die Skrywer Werk In Wording

Die Mens Wat Agtergebly

Ja nê .. en toe gaan staan en pleeg die man selfmoord - nou nie Ingrid Jonker of Eugène Marais style nie maar Plath`Style!  Hy gaan staan jou wraggies`waar en !VERGAS! homself - nie 'n oond`vergassing met kinders in die kamer langs`aan nie maar sommer in`nie bakkie hier agter by die dam waar daar gekuier & gebraai word.

Nou is dit so dat al manier hoe ek dinge kan verwerk (of nastenby kan probeer verwerk) is om te skryf .. nie soos wat wie`ookal wil hê ek moet skryf nie maar PRESIES soos wat ek voel .. hoe selfmoord LYK .. die skokkende, lelike WERKLIKHEID .. hoe 'n mens voel wanneer jy 'n kind is en mee ge`lol word .. egskeiding .. ontrouheid  ( dus ) 'n Ingrid Jonker toekenning is beslis uit want wie wil nou werklik SIEN hoe “lelik” lyk of HOOR hoe 'n mens opgevreet word van binne ( Moet asseblief tog net nie vloek nie .. jy't mos nou nie eintlik iets om oor ontsteld te wees nie )

Toe sit ek en wonder oor gepaste buite`blaaie vir my trilogie bundels .. feëtjies? blommetjies? mense wat lag en gesels? want mense identifiseer mos met "mooi prentjies" .. nie met “lelike prentjies” nie maar ons praat hier van selfmoord, verkragting, mishandeling dus skok ek myself toe ek vorendag kom met oë wat GESKOK! VERPLETTER! en WREED! lyk ( oë met 'n LUCIFER`UITDRUKKING en 'n slangvel`effek want die PES treiter en sis heeldag en aldag lank in my ore .. "Humor the bastard!" )

& die titels  - miskien sal wie`ookal beter verstaan waarom ek 'n bundel wat oor selfmoord en oor dinge gaan wat mense se lewens om`vêr gooi “not a f#&”  genoem het in plaas van “tjank klaar .. ons is besig ”.

My persoonlike gevoelens omtrent al hierdie dinge is dat die mens wat agterbly ( veral waar die woorde “.. tot my laaste asem sal ek jou lief hê ..” as 'n troos moes moes dien ) saam met die persoon wat selfmoord pleeg .. "binnekant" .. dood gaan.

'n Mens transformeer .. word soos 'n lewende`lyk .. soos 'n zombie .. gevoel`loos .. emosie`loos .. elke asem`teug word moeisaam .. 'n mens wroeg alleen voort op 'n onbekende donker pad van onbeantwoorde vra .. eensame dae .. weke .. maande .. jare want "tjank klaar .. ons is besig" hang van daai dag af soos 'n digte mis oor my lewe .. my denke .. my doen.

Ek skryf in allermans`taal .. afrikaans .. engels .. albei .. met kommas en punte en af`kap woorde oor .. rou .. seer .. for`real gebeurtenisse wat met my gebeur het en oor dinge wat huidiglik besig is om met my te gebeur.  Onder`aan elke gedig is 'n voet`nota aangebring ( Gemoedstoestand van die mens wat agterbly met 'n spesifieke gebeurtenis en / of gevoel tydens die skrywe daarvan ).  Dis dan ook bitter min dat ek 'n gedig fabriseer dus .. "take my word for it .." .. dalk leer jy iets uit my skrywes.

Outeur: Willemien H S Lewis

Share On Facebook

Vorige BladsyTuisblad

Totale Besoekers
251222
Besoekers Aanlyn
1

GEPUBLISEERDE WERK




Web Site Design & Development By Xolutions.Co.Za © Copyright - adsXpress (Pty) Ltd - All Rights Reserved
Afrikaners.Org.Za