selfmoord: wanneer die lewe te veel vir jou raak (1) Willemien H S Lewis - Afrikaanse Gedigte, Poësie, Digkuns En Prosa - English Poems, Poetry, Artistic Poetry & Prose : selfmoord: wanneer die lewe te veel vir jou raak (1)

Wannabes.Inc Omtrent Die Skrywer Derglike Dinge Publikasies Kontak Die Skrywer Werk In Wording

In gesprek met Johan van der Merwe

Predikant (NG Gemeente - George, Wes Kaap)

Die gesprek het begin by 'n gedig wat ek geskryf het waarop Johan kommentaar gelewer het.  Lees Die Volle Gedig ► http:// www.willemienhslewis.co.za/ flsOnSight/ophelia.php

Johan van der Merwe In my werk het ek 'n hele paar keer te doen gehad met selfterminering-gevalle. Wat my opgeval het in die kontak met die geliefdes wat agterbly, is die soms erge gevoel van woede want na 'n tyd na vore kom, gemeng met skok, hartseer en nog ander emosies. Ek het nog nie persoonlik emand teengekom wat, nadat sy/haar geliefde selfdoding gekies he,t daardie keuse kon aanvaar as inderdaad die beste onder die omstandighede nie. Elkeen van die agtergeblewenes het gevoel dat hulle beroof is v/d geleentheid om saam met die een wat weg is deur die trauma van bv fin. bankrotskap, skaamte, of wat ook al te werk. Dit neem soms jare om daartoe te kom om die een wat gegaan het te kan vergewe. Maar uiteindelik kom mense daartoe, dikwels in die besef dat die een wat jy verloor het 'n besluit geneem het wat vir hom / haar in die oomblikke van donkerte reg gelyk het, maar objektief waarskynlik alles behalwe reg was.

My vrou het pas 'n nuwe boek oor selfterminering gelees wat sy goed gevind het. Die titel daarvan is "As die stroom jou vat". Dis o a by Kalahari, maar ek kan nie op die oomblik die skrywer onthou nie.

Baie sterkte vir jou

Willemien H S Lewis (Outeur | Author) Dit is inderdaad 'n proses Johan en presies net soos wat jy dit hier beskryf het. Skok, verdwasing, selfs verbasing (want alles het dan so normaal gelyk), dan haak jy vas waar jy op die lyk afgekom het, die oë, die "niks vertel", dan begin jy jouself te blameer, jouself te bevraagteken (hierdie proses vat seker die langste!), dan besef jy op 'n dag dat jy in geen een van die besluite wat geneem is gekonsidereer is nie en dit is DAN wanneer die woede en frustrasie oorneem.

Jare en jare se Bitterheid! Onvergifnis!

Maar vandag, hier en nou, "it's not for me to forgive..." Niks wat gebeur het was my skuld nie. Weet jy, die eerste paar maande daarna was ek byna histeries van kommer oor waar sy siel heen is???? Of hy betyds om vergifnis gevra het???? Daai LAS op my skouers was HUGE! (Maak seker nie sin nie ...) Ek het selfs my geloof bevraag`teken .. wie was in beheer toe die verkeerd besig was om te gebeur?

DANKIE vir "As die stroom jou vat..." Ek sal navraag doen (Die titel veral is aangrypend!) 'n Stroom ... so totally out of control.

Johan van der Merwe Corlien bevestig dat sy "As die stroom jou vat" baie goed gevind het. Die skrywer is Jeanne Els [wat ook "Ligdans" oor die stryd teen depressie geskryf het]. In die boek vertel sy van die effek van haar pa se selfterminering op haar. Daarna volg bydraes van bekendes oor hoe hulle moes stry teen die drang om hul eie lewens te beëindig / hul mislukte pogings in daardie verband, asook bydraes van bekendes oor wat die "suksesvolle" selfbeëindigingspogings van geliefdes aan hulle gedoen het en hul stryd daarna. Dan is daar ook 'n hoofstuk van 'n psigiater oor hoe 'n mens selfbeëindiging kan probeer keer en 'n hoofstuk van 'n sielkundige wat raad gee aan dié wat agterbly.

Die intense kommer wat mense soms teister oor die vraag of hul geliefdes wat selfdoding gekies het nou verlore is, berus op 'n misverstand m b t God se genade en vergifnis. Sy vergifnis berus nie op ons berou / gebede om vergifnis, of wat ook al in ons nie, maar alleenlik op sy eie liefde soos wat Hy dit in Christus bewys het. By elkeen van ons is daar sekerlik talle oortredings waarvan ons kwalik bewus is en wat ons nie bely het nie, maar wat die Here nogtans om Christus se ontwil vergewe. Net so het Christus volkome versoening gedoen ook vir die foutiewe keuse van selfdoding, en is die vraag of so iemand darem nog op die nippertjie om vergifnis gevra het nie ter sake nie.

Oor die feit dat jy en so baie mense [ek inkluis] soms deur wat ons beleef of waarneem tot vertwyfeling gebring word, kortliks net dit: God roep ons op tot geloof, tot vertroue in Hom. Maar ons geloof, in soverre dit 'n menslike gerigtheid op God is, is wankelrig en val soms baie plat. Vgl. maar Petrus wat op een oomblik met 'n vaste vertroue in Jesus ook op die see loop, maar die volgende oomblik gil van doosdbenoudheid as hy die golwe rondom hom sien. Nee, die vaste grond waarop ons redding berus, is die lewe, sterwe en opstanding van Jesus Christus. Dit sluit in dat ons gered word nie op grond van ons geloof nie, maar op grond van JESUS se geloof, SY volkome vertroue in sy Vader, SY volmaakte gehoorsaamheid, SY lewe saam met God van oomblik tot oomblik.

Aan hierdie God kan ons ons toevertrou. Hy verstaan dit as ons soms soos 'n kind met ons vuisies teen Hom hamer, Hom van allerlei beskuldig, ons rug op Hom draai. Die Bybel gee talle voorbeelde van gebede vol verwyte teen God, en van dinge wat mense in hul ontsteltenis aan God toegedig het.

Hy is ons Tuiste, hierdie God wat in al ons swaarkry saam met ons is en ons deur allerlei - dikwels onbegryplike - belewenisse - heen voortdurend al meer wil bevry van alles wat donker is in en rondom ons.

Hy is ons Tuiste.

Willemien H S Lewis (Outeur | Author) Eerstens, baie dankie vir die tyd wat jy hier afgestaan het Johan. Ek waardeer dit !Opreg!. Ek gaan beslis die boek koop (Sê dankie ook vir Corlien!) en dan wanneer ek alles deurgewerk het, wil ek graag dit wat jy hier aan my uiteengesit het weer kom lees.

Vir nou wil ek graag jou toestemming vra dat ek dit wat ons hier tot dusver bespreek het, in 'n artikel gebruik. Wat jy vandag met my gedeel het is te waardevol om vir myself te hou. Ek sal die natuurlik eers vir jou aanstuur want ek wil nie foutiewe inligting oordra nie. (Laat weet my wat jy dink)

Daar is miljuisende mense wat meer wil weet en beter wil verstaan want "selfterminering" het 'n "rippel effect" op wie`ookal agterbly. My trilogie`bundels is in series geskryf van al die emosies waardeur ek gegaan het en waardeur ek nog steeds gaan vanaf op die lyk afkom, wagtend op SAPS, die lykshuis, die verassing, en.en.en. As ek so terug`dink dan sou ek geweet het daar was fout. Ek kan nou eers (amper!) identifiseer tussen "cry wolf" en "this is for`real" .

Hy is inderdaad ons Tuiste.

As die stroom jou vat

After her father's suicide, Jeanne Els promised herself she would never do what ... he'd done – but years later she overdoses on prescription medicine with the intention of ending her life. In her second book, a follow-up to the very successful Ligdans, she talks openly about what drove her to this st...
Share On Facebook

Vorige BladsyTuisblad

Totale Besoekers
251269
Besoekers Aanlyn
1

GEPUBLISEERDE WERK




Web Site Design & Development By Xolutions.Co.Za © Copyright - adsXpress (Pty) Ltd - All Rights Reserved
Afrikaners.Org.Za